
=====================================================================
Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel

Die Boy van George.

---------------------------------------------------------------------
Jacqueline Leuvennink bekyk nuwe inisiatiewe in die Afrikaanse toneel, wat hoop gee vir sy voortbestaan.

NATANIL s hy tree nie sommer in die Baxter teater in Kaapstad op nie. "Afrikaanse mense gaan nie daarheen nie. Seker omdat hulle nie teen 
'n bult kan wegtrek nie," is sy verduideliking.

Dalk het hy 'n punt beet, al pluk hy graag die kat aan sy stert rond. Die nuwe High Street Theatre in Bellville met sy oorwegend Afrikaanse 
produksies staan egter op vaste, gelyk grond, sy gewraakte Engelse naam ten spyt. En sedert die opening in April vanjaar stroom veral 
Afrikaanse teatergangers aand na aand na di modern toegeruste teater met sy 180 sitplekke in die hart van die Tygerberg.

In Sunnyside, Pretoria, 'n klipgooi weg van die Breytenbach Teater, vier die Teaterhuisie in Julie vanjaar sy vyfde voorspoedige 
bestaansjaar. Di klein, intieme teatertjie met sitplek vir sewentig tot tagtig persone word deur Carel Trichardt en Petru Wessels bedryf 
en bied ook 'n oorwegend Afrikaanse ruimte vir jong n ervare kunstenaars.

Buite Plettenbergbaai in die Tsitsikamma word net so fluks konsert gehou in Louis Mller en Sybel Coetzee se Barn Yard, wat nou ook reeds 
na Mosselbaai, Witrivier en Alberton uitgekring het. Nog ruimtes vir Afrikaanse n Engelse toneelerervarings.

En Darling is ook nie meer Darling nadat Pieter-Dirk Uys en sy verbeelding by Evita se Perron aangestap gekom het nie.

Kyk jy na die verskeidenheid vertonings by hierdie teaters besef jy baie van hulle het hul wegspringplek op kunstefeeste gehad. Dit blyk 
die ideale toetsgrond te wees. "As 'n stuk daar werk, gaan hy oral werk," s regisseur Ilse van Hemert.

"Om daarvandaan platteland toe te gaan, is maklik. Daar is nie 'n groot stel nie, alles is reeds mobiel. En die mense wat van oraloor kom 
fees hou het, het tuis daaroor gaan praat. Outomaties word nasionale reklame gemaak."

Volgens die rolprent- en TV-vervaardiger Herman Binge is die Afrikaanse toneelbedryf nou in die hande van 'n klomp entrepreneurs soos dit 
in die twintigerjare was, iets wat hom baie optimisties stem.

"Waar jy ook al gaan, vind jy 'n fees en in teenstelling met die vroe jare is daar vandag genoeg kundige mense met 'n klomp kennis wat die 
buitewreld vir ons gegee het."

In die program Die tweede lewe, wat hy vir KykNET vervaardig het, word hulde gebring aan die twintigerjare se rondreisende geselskappe soos 
di van Andr Huguenet en Hendrik en Matilda Hanekom, wat enorme werk op die platteland gedoen het. Daar is op verhogies sonder toerusting 
gespeel wat soms so klein was dat 'n hoepelrok nie daarop kon inpas nie; alles moes saamgekarwei word en wat kortgekom het, is van huis tot 
huis geleen vir die aand se vertoning. Alles teen drie pond per week per akteur.

Met die koms van die streekrade en die tersire opleiding wat daaruit gevloei het, het 'n bloeitydperk in die laat sestiger- en 
sewentigerjare gevolg. Akteurs wat geweet het hul elektrisiteit is betaal, kon fokus op hul werk en 'n tradisie van teatergang is geskep. 
Televisie het nog meer werk geskep.

Maar later het duur produksies vir eksklusiewe teatergangers gehore begin vervreem. Miljoene rande is aan bakstene en administrateurs 
bestee en akteurs het vir mekaar en vir kritici begin speel. "Gehore is afgemaak as dom of ongesofistikeerd en nou betaal ons die prys," s 
Ilse van Hemert.

Teen die tyd dat staatsondersteuning drasties afgeskaal is, het "sommige kreatief lui geword en soggens soos staatsamptenare gaan werk", 
aldus Marthinus Basson. Sandra Prinsloo reken ook dis "reg dat die toneel 'n skop in die dinges gekry het sodat mense weer moes begin dink 
oor wat toneel regtig is. Jy moet jou gehoor saam met jou vat."

Akteurs het weer voor dieselfde uitdagings te staan gekom as in Andr Huguenet se tyd. Soos Pieter-Dirk Uys dit stel: "Ons reis weer na die 
platteland. Jy moet weer voor die dorp jou lipstick agter die doringbos aansit."

Die laat tagtigerjare se protestoneel het plek gemaak vir vermaak en satire. "Mense wil nie net preke hoor nie," s Uys. "Niemand kyk meer 
na die nuus nie, net soapies. Nou gebruik ek maar die struktuur van die soapies om die nuus vir die mense te gee ..."

'n Jonger geslag akteurs wat gesien het niemand gaan vir hulle sorg as hulle nie vir hulleself sorg nie, het met die nodige energie 
uitgespring en vir hulleself werk geskep. Dit maak haar opgewonde, s Trix Pienaar. "Dis soos 'n enorme bol werkbare klei wat hier l. Dink 
net aan al die verskillende tale en hande wat daardie klei kan bewerk ..."

Chris Barnard is ook van mening dat die "verwarring waarin ons almal beweeg, die soek na nuwe identiteit, wonderlike teelaarde vir die 
toneel is."

Die sukses van hul Barn Yard teaters, waarheen familie en vriende kan optrek vir 'n aand se konsert n kuier in 'n skuur, laat Sybel 
Coetzee s: "Dit wil vir my lyk die dae van konvensionele toneel, in die sin van in reguit rye sit, is getel. Ons laat val die klem op die 
lekkerte van 'n aand uit in 'n informele opset waar geet en gekuier word, en jy agterna ook die kunstenaars kan ontmoet. Die sosiale sy 
van die teater moet nie onderskat word nie. Baie mense wat andersins nie hul voet in 'n teater sit nie, word op di manier betrek. Sommige 
word gelok deur byvoorbeeld populre musiek en raak mettertyd ook meer oop vir meer konvensionele toneel."

Deon Opperman reken dat so lank mense nog Afrikaans praat daar Afrikaanse toneel sal wees. "Mense bly soek na betekenis, om die lewe te 
verstaan. So lank ons nog nie in "virtual reality" leef nie, sal daar 'n behoefte wees aan die transaksie wat lewende toneel bied.

"Die bywoningsyfers op Potchefstroom en Oudtshoorn spreek boekdele. Vir my is dit beter as wat dit ooit was. Die streekrade en sensuurrade 
het verdwyn en jy is vry om te s wat jy wil en wanneer en waar jy wil."

Soos op baie ander terreine word Afrikaans plek-plek in die teater verdring. Akteurs en teaters is verplig om om den brode dikwels hul 
toevlug tot tweetaligheid te neem. Volgens Natanil neig sy vertonings byvoorbeeld om al hoe meer Engels te word. Die televisieprogram 
Another Life with Natanil, wat in Maart verlede jaar n twee jaar klaargemaak het, het sy gehore van hoofsaaklik Afrikaans na merendeels 
Engels laat swaai.

Tog s Hannes Mller, skrywer en regisseur van Antjie Somers, die eerste volwaardige musiekblyspel in Afrikaans, die volgende: "Ons is die 
afgelope paar jaar reeds bewus van 'n honger na eie Afrikaanse toneel onder veral Afrikaanse gehore. Antjie Somers, as oorspronklike en 
inheemse stuk, het daarin geslaag om hulle na die groot teater te trek. Ons is oorweldig deur steun."

Petru Wessels s die feit dat sowel gevestigde kunstenaars as jong opkomende kunstenaars optree in klein teaters, wat oral tot stand kom, 
stem haar positief. Dikwels is die stukke nuut en selfgeskryf. Dit dui vir haar op 'n snoeiproses waarby die kunstenaars n die Afrikaanse 
toneel baat kan vind.

Die Afrikaanse toneel is 'n boek met baie invalshoeke tussen sy blaaie. Andr P. Brink het nie verniet ges die woord Afrikaner word op 
baie nuwe maniere op Oudtshoorn gespel nie. Maar 'n mens vermoed daar steek waarheid in Antoinette Pienaar se Karoo-kyk na dinge as sy s: 
"Ons mense verstn 'n storie. As ons begin met 'eendag lank, lank gelede' loop sit die hele volk ..." Jacqueline Leuvennink is 
vryskutjoernalis.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7325.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

